Local sportSport

Hanno van Zyl beoog om in AB de Villiers se voetspore te volg

Hanno van Zyl is slegs 12 jaar oud en alhoewel hy erg sku is vir 'n kamera, staan hy nie terug op die krieketveld nie.

POLOKWANE – Hy vertel vinnig vir my dat hy in gr. R laas met die koerante moes praat en dat hy nou vreeslik op sy senuwees is.

Hanno is onlangs, nadat hy vir proewe genooi is, gekies vir die o/13-Limpopo Momentum krieketspan.

“Die proewe was vroeg in September en ek is die enigste speler van Curro Heuwekruin wat gekies is.”

Beide Hanno se pa en ouboet speel ook krieket en hy vertel dat hy voor skool reeds begin speel het. Hy is ‘n veelsydige speler, maar verkies dit om te kolf.

“Dit is baie lekker om te speel en dan, wanneer jy van die veld af loop, jou span vir jou hande klap. Die moeilikste is om die bal boulbeurt na boulbert akuraat te boul.”

Hanno speel ook ander sport by die skool en droom daarvan om in sy rolmodel, AB de Villiers se voetspore te volg. “AB is ‘n baie goeie speler en definitief my rolmodel. My bynaam is egter Hansie.”

Hanno is ook aangewys as sportseun van die jaar tydens Heuwlekruin se sportdinee.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button