Local sportSport

Sydney is nie so bang soos ‘n bok vir ‘n skoot hael nie

Vandat sy slegs vyf jaar oud is, skiet Sydney Whitcomb (16) 'n hond uit 'n bos uit.

POLOKWANE – Sydney is nou 16 en het Saterdag aan die Presidentskiet by Bosveld Jagtersvereniging (BJV) deelgeneem. Hier het sy stof in die manne se oë geskop deur met twee tweede plekke weg te loop.

“Die Bosveld Jagtersvereniging se 50-jaar skietdag was my eerste en enigste kompetisie waaraan ek deelgeneem het. Ek het by die wilde diere afdeling ‘n tweede plek behaal asook by die handwapen afdeling met ‘n .45 kaliber geweer.”

Sy vertel sy skiet meer met jagwapens en Saterdag was die eerste keer wat sy met ‘n handwapens geskiet het. Sydney besit nie self wapens nie.

“My hele familie is jagters, maar my ma het my al van klein tyd af geleer van skiet en wapen veiligheid en al daardie dinge. My oupa gee my altyd raad en die ooms by BJV leer my elke keer iets nuuts.”

Sydney se familie is trots op haar goeie prestasies tydens die kompetisie. Vir haar is die lekkerste deel van skiet om by die skietpunt te sit. “Dit is lekker om te voel hoe die adrenalien deur jou are jaag. My hart wat uit my borskas wil uitspring, die reuk van kruit nadat ek die sneller getrek het en die uitslae wat jou net motiveer om volgende keer beter te skiet.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button