Local sportSport

Capricorn ruiters presteer in Namibië

Capricorn Uithouritklub se uithouruiters gallop vanjaar oral heen op die rûens van hulle perde.

POLOKWANE – Van hulle ruiters het onlangs aan die klub se jaarlikse uithourit deelgeneem. Twee ander ruiters, Anika Steynberg en Lente Schutte, het in Namibië aan die Wiesesrus Rit van Otjivero Klub op Gobabis gaan deelneem.

Anika en haar perd, Yentl Nasib, het ‘n eerste plek in standaardgewig verower in ‘n tyd van 04:26:03. Hulle het ook die prys vir beste kondisie verower. Lente en haar perd, Daybreak Malika het in ‘n tyd van 04:26:02, ‘n eerste plek in die liggewig kategorie gewen. Hulle verower die toekenning vir beste kondisie in hulle kategorie.

By die jaarlikse uithourit het 39 perde in die 40 km, trapleer en 80 km kategorieë deelgeneem. Capricorn Uithouritklub wil graag almal se betrokkenheid by hulle rit bedank sowel as al hulle borge wat die rit moontlik gemaak het. Die volgende uithourit word aangebied deur Waterberg Uithouritklub en vind plaas op 27 en 28 September in Modimolle plaas.

Uitslae:

• 80 km Junior ruiter:

1. Ewen Mellet (Platorand) en sy perd, Arabesque Silversun, in ‘n tyd van 03:50:17.

2. Danielle Breed (Capricorn) en haar perd, Pula, met in ‘n tyd van 03:56:30. Sy verower ook die bes voorbereid toekenning vir die kategorie.

3. Jaendre Ahlers (Capricorn) en sy perd, Lente.

4. Ingrid Kenmuir (Capricorn) en haar perd, Mekadesh Razarah.

• 80.00 km Liggewig:

1. Lizette Enslin (Waterberg) en haar perd Deo-Gratias Fantasia in ‘n tyd van 04:17:29.

• 80 km Standaardgewig:

1. Corrie van Niekerk (Premier) en sy perd, Jozami Valentino, in ‘n tyd van 04:14:00.

2. Werner Kenmuir (Capricorn) en sy perd, Michelle Texas, in ‘n tyd van 04:16:06.

3. Schalk van der Merwe (Waterberg) en sy perd, Deo-Gratias Roi.

4. Retha Scwab (Letaba) en haar perd, Arkab Flonker, in ‘n tyd van 05:09:29. Hulle verower die bes voorbereid toekenning.

5. Estelle Benade (Capricorn) en haar perd, Armar Gamal.

• 80 km Swaargewig:

1. Jakkie Mellet (Platorand) en sy perd, Harab, in ‘n tyd van 03:50:20. Hulle verower die beste van die bestes toekenning vir die dag.

2. Audrey Marais (Capricorn klub) en haar perd, Armar Nasheeta, in ‘n tyd van 05:09:19.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button