Local sportSport

Talle medaljes vir Tuks Mokopane Swemklub

Tuks Mokopane Swemklub se swemmers het 57 medaljes by die Suid-Afrikaanse Vlak 1 Streekswemkampioenskappe ingepalm.

MOKOPANE – Tuks Mokopane Swemklub het Saterdag, 10 April, die Suid-Afrikaanse Vlak 1 Streekswemkampioenskappe aangebied waar verskeie klubs in Limpopo se swemmers teen mekaar meegeding het.

Die jong swemmers van Tuks Learn to Swim het vir ontwikkelingsdoeleindes ook hul slag in Hoërskool Piet Potgieter se swembad kom wys. Elke swemmer van vyf tot 7 jaar het ‘n medalje ontvang vir die items waarin hulle geswem het. 

Tuks Mokopane se swemmers het als ingesit en aan die einde van die die gala 57 medaljes geoes.

Medalje uitslae van die swemmers agt jaar en ouer:

  • Danika Botes (o/11): Sy is eerste in die 25 m rugslag, 50 m borsslag, 50 m vryslag en derde in die 50 m rugslag.
  • Lianka Du Toit (o/13): Sy is eerste in die 50 m en 100 m borsslag, 50 m en 100m vryslag,  50 m vlinderslag, 100 en 50 m rugslag, 50 m  en 100 m vryslag.  
  • Malan Coetzee (o/8): Hy wen die 25 m vryslag en is tweede in die 25 m rugslag en 100 m wisselslag. Hy kry ‘n derde plek in die 25 m vlinderslag.
  • Kinique De Argella (o/8) Sy is derde in die 25 m borsslag.
  • Henco De Toit (o/11):  Hy wen die 100 m rugslag en 100 m vryslag en is tweede in die 50 m vlinderslag, 50m rugslag en 200 m wisselslag.
    • Jacques Engelbrecht (o/10):  Hy is eerste in die 25 m rugslag en tweede in die 25 m vlinderslag,  100m wisselslag, 25 m borsslag en 25 m vryslag.
  • Jadine Grobler (o/8): Sy wen die 25 m rugslag en is tweede in die 25 m vlinderslag, 100 m wisselslag en derde in die 25m vryslag.
  •  Johan Krafft (o/11): Hy is eerste in die 50 m vlinderslag en 50 m rugslag, 200 m wisselslag en tweede in die 50 m borsslag, en 50 m vryslag.
  • Jane Lourns (o/10):  Sy is tweede in die 25 m vlinderslag, 25 m rugslag, 100m wisselslag en derde in die 25m bors, en 25 m vryslag.
  • Ruard Nel (o/16): Hy wen die 100 m rugslag  en is tweede in die 50 m vlinderslag,  50 m rugslag, 50 m vryslag,  50 m borsslag en 100 m vryslag.
  •  Evan Potgieter (o/8):  Hy is derde in die 25 m rugslag, 25 m borsslag en 25m vryslag.
    • Shaun Teich (0/8): Hy is eerste in die 100 m wisselslag en 25 m borsslag en tweede in die 25 m vlinderslag,  25 m rugslag.
    • Ruan Turvey (o/9): Hy kry tweede plekke in die 25 m vlinderslag en 100 m wisselslag en is derde in die 25 m rugslag.

bosveld@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.
 
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.

Related Articles

Back to top button