Local sportSport
Ondersteun jeugtak se gholfdag
Die Hulp en Hoop Gemeenskapskerk hou op Donderdag, 24 Junie, sy jaarlikse Wimpy Gholfdag op die Kameeldoring Gholfbaan.
Die dag is ten bate van die Hulp en Hoop Gemeenskapskerk se jeugtak en word jaarliks gehou met spelers van oraloor.
Die formaat is ‘n Betterball Scramble drive met ‘n shotgun start om 10:00.
Koste per speler is R300 wat ‘n “grab en go” insluit (karretjies is uitgesluit).
Persone of besighede wat graag ‘n putjie wil borg, het ‘n keuse tussen die volgende:
- Om ‘n putjie te borg teen R500 (gewone putjie) en R1 000 (prima plek).
- ‘n Twee-bal in die ‘Betterball Scramble drive’ kompetisie te borg teen R600.
- Prima posisies – 2 spasies voor klubhuis, oefensetperk, bof 1,9 en 10.
- ‘n Kombinasie van opsie een en twee te borg teen ‘n goedkoper tarief van R1 500 (gewone putjie +4 bal) en R2 000 (prime plek +4 bal). Prys sluit in ‘n “grab and go”. Karretjies is uitgesluit by die tarief en moet self by die baan gereël word.
- Indien u ‘n putjie sou borg, kan u by daardie putjie adverteer.
Vir navrae, kontak Jas Hansen by 082 092 2059 of De Wet Kruger by 082 444 4703. Om in te skryf skakel vir Nadine Brews by die Kameeldoring Gholfklub: (015) 491 5563.
Moenie die dag misloop nie, daar is groot vleispryse op die spel, asook ‘n gelukstrekking vir ‘n hole in one by sekere van die putjies.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



