Local sportSport

HP wil nog ver gaan met gemengde vegkuns

HP van Staden (31) het reeds in 2010 met gemengde vegskuns begin en in 2013 al sy fokus op die sportsoort gesit.

POLOKWANE –  Onlangs het hy teen Robert Swanepoel van Johannesburg geveg en binne twee minute in die eerste ronde met ‘n tegniese uitklophou (TKO) gewen.

Met rolmodelle soos sy pa, MP, David Goggins, Cameron Hanes, Elon Musk en Joe Rogan wie hom inspireer, beoog HP om nog vele hoogtes in die kryt te bereik. “Gemengde vegkuns is ‘n mengsel van stoei, boks, Jiu-Jitsu en Thai boks.” By Guts and Glory Gym oefen HP die afsonderlike vegdissiplines by ander afrigters.

“By Coach Quan Jiu-Jitsu oefen ek Jiu-Jitsu onder Dewet du Bruyn, by Ion Baciu stoeiklub oefen ek stoei onder Jan Roets, en by Eight Limbz Academyen oefen ek Muay-Thai (Thai-Boxing) onder Timmy Liversage.”

HP vertel die fisiese aspek van die sport is soms uitdagend. “Ek werk ook deur die dag. Ek voel dat enige vegskuns, of dit stoei, Jiu-Jitsu, boks of wat ook al is, verpligtend moet wees vir jong mense. Dit bied ‘n goeie balans tussen soepelheid, kuns, fisiese ontwikkeling en hand-oog-koördinasie. Ons slaan nie mekaar in klas nie en meeste van die kunste gebruik nie eers fisiese houe nie. Dis ook ‘n baie waardevolle hulpmiddel om boelies te stop en kinders te leer dat konflik nooit nodig is nie.”

Hy het ‘n tyd gelede ‘n skouer operasie gehad en was vir ‘n paar maande buite aksie. “Ek het nooit regtig seer gekry nie tot so twee jaar terug. Terwyl ek rugby gespeel het, was ek gereeld beseer, maar ek dink die feit dat ons so baie soepelheidsoefeninge doen en die struktuur van oefening help dat ek nog nie baie in my loopbaan seer gekry het nie. My skouer operasie was in 2019 net voor Covid-19, so die tydsberekening het goed uitgewerk vir my aangesien niemand kon oefen in daardie tyd nie.”

HP glo sy grootste prestasie in gemengde vegskuns is om die sport te gebruik om homself te oorkom.

“Ek is besig om met EFC te onderhandel om miskien in Desember of anders vroeg in 2022 weer ‘n geveg te hê.”

HP bedank graag almal in Polokwane wie hom ondersteun. “Ons is min vegters wie van hier af kom en ek waardeer die ondersteuning baie. Die vegters in Johannesburg kry groot borge en kan voltyds oefen, wat dit vir ons moeiliker maak die kant. Baie dankie aan Liversage Panelbeaters wat al my onkostes vir my laaste geveg gedek het.”

Lesers kan HP se Facebook-blad @hpvanstadenmma of Instagram @hpvanstaden dophou vir meer inligting.

Lees ook meer van HP in Polokwane Review.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button