Vlytige veerpyltjiespelers haal Limpopospan
Die plaaslike veerpyltjieklub, The Flying Rabbits, het agt spelers, sewe mans en 'n vrou, wat gekies is om Limpopo by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te verteenwoordig.
POLOKWANE – Veerpyltjiespelers van regoor die provinsie het onlangs bymekaargekom om aan die Limpopo proewe deelgeneem het.
Die proewe was in Tzaneen en Louis Trichardt gehou. Meer as 40 spelers van Lephalale, Musina, Louis Trichardt, Polokwane, Levubu, Tzaneen, Phalaborwa en Mokopane het deelgeneem met die oog om vir die Limpopospan gekies te word.

Die plaaslike veerpyltjieklub, The Flying Rabbits, het agt spelers, sewe mans en ‘n vrou, wat gekies is om Limpopo by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te verteenwoordig.
Dié kampioenskappe vind plaas by Ellis Park Arena vanaf 4-9 Julie. Tydens die geleentheid sal die nege provinsies, asook 28 distrikte en 66 assosiasies van regoor Suid-Afrika, deelneem.

“Ons is trots op die spelers wat deurgedring het na die kampioenskappe. Ons wens hulle die beste toe en hoop om in die toekoms meer spelers na die kampioenskappe te stuur,” sê Limpopo-spanbestuurder en Polokwane assosiasie kaptein Willem Roets.
Die Flying Rabbits speel elke Woensdag vanaf 18:00 by Bosveld Pub & Grill en daar is ‘n verskeidenheid ligas waaraan spelers kan deelneem.

Vir verdere navrae, skakel WP Roets by 078 060 2273 of Niekie Coetzee by 083 622 9487.




