Local sport

Skopboksers, karatekas vaar goed by nasionale kampioenskappe

Plaaslike karatekas en skopboksers het onlangs hulle slag gewys en vir vele medaljes gesorg.

POLOKWANE – Lede van die Limpopo Province Sport Karate-Kickboxing Association het op 25 en 26 Junie aan die Full Contact Martial Arts Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

Sensei Pieter Bronkhorst het 13 karatekas gestuur en dié het op hulle beurt 17 medaljes huis toe gebring. “My karatekas het agt goue, ses silwer en drie brons medaljes verwerf. Die klub lewer ook ses Suid-Afrikaanse kampioene op waarvan twee dubbel Suid-Afrikaanse kampioene is. Dubbel Suid-Afrikaanse kampioene beteken dat die karateka in beide die afdelings met goue medaljes weggestap het.”

Slide 1 |

Karatekas wat medaljes by die FCMA Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe ontvang het. Voor: Angelique Bronkhorst en Thando Bakolo. Middel: Lethabo Lentsoane, Thuli Ramakgolo, Nkateko Shiburi en Thato Ramakgolo. Middel: Bathabile Mashiane, Mignon Bronkhorst, Henco Bronkhorst en Zoe Kajokoto. Agter: Sensei Pieter Bronkhorst. Afwesig Mohau Montani, Tebadi Foromo en Mohau Mabule.
Slide 2 |

Zoe Kajokoto en Mignon Bronkhorst is albei dubbel Suid-Afrikaanse kampioene.
Slide 3 |

LPSKKA karatekas en skopboksers wat aan die Full Contact Martial Arts Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe deelgeneem het.

    Pieter verduidelik die twee afdelings was kata en kumite en dat alle deelnemende ouderdomsgroepe in hierdie afdelings kon deelneem. “Vir ‘n klub wat redelik onlangs eers gestig is, het ons baie goed gevaar. Nou bou ons voort op ons harde werk met die oog daarop om meer medaljes te verwerf en ook meer Suid-Afrikaanse kampioene op te lewer.”

    Slide 1 |

    Die skopboksers wat aan die Full Contact Martial Arts Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe deelgeneem het.
    Slide 2 |

    Skopboksers Annelize Broekman, Caitlen Nortman, sensei Henno Vogel, Chantelle Broekman en Marissa Nel het elk twee goue medaljes verwerf.

      Die vereniging se skopboksers, wat onder die leiding van sensei Nico Myburgh oefen, het ook goed presteer by dié kompetisie. “Vyf skopboksers het elkeen twee goue medaljes gekry,” voeg hy by.

      Die res van sky skopboksers het 34 medaljes losgeslaan en Myburgh sê hy is trots op hulle klub se prestasies: “Elke karateka en skopboksers het LPSKKA trots gemaak. Ons bedank julle asook elke ouer wat die rit na Durban moontlik gemaak het.”

      Van die klub se lede het gekwalifiseer om van 10-13 Oktober in Noord-Oos Engeland aan die Wêreld Gevegkunskampioenskappe deel te neem. “Hierdie is ‘n besonderse geleentheid vir hulle en bied hulle die geleentheid om hulle vaardighede teen ander studente op ander vlakke te toets. Hierdie toere kos baie geld, maar ons hoop hulle drome kan bewaarheid word.”

      For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

      At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

      Support local journalism

      Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

      Related Articles

      Back to top button