Local sport

Jong ruiter tuis op perd se rug

Mariette de Lange het toe sy net nege jaar oud was besluit sy wil begin perdry en haar ma, Christelle Botha, het haar na die stalle toe geneem.

POLOKWANE – Rondom die arena word asems opgehou terwyl Mariette de Lange en Windigo om ‘n drom hardloop en vlaggies ruil sonder dat die drom omval. Hulle is besig om aan die South African Western Mounted Games (SAWMGA) deel te neem. Wanneer hulle klaar is, vryf sy liefdevol sy nek en prys hom vir sy harde werk.

Mariette is 12 jaar oud en ‘n leerder by Oosskool. Sy het toe sy net nege jaar oud was besluit sy wil begin perdry en haar ma, Christelle Botha, het haar na die stalle toe geneem.

“Ek is nog altyd lief vir diere, veral perde en het eendag vir die pret by Farmyard gaan perdry. Hierna was ek bykans verslaaf aan perdry.”

Perdry hou Mariette besig en dus neem sy nie aan ander sport deel nie. Om tyd saam met haar perde te spandeer, hulle bloots te ry en om ander uitdagings te oorkom is van die redes waarom sy tyd saam met haar perde geniet.

Mariette de Lange en Windigo nadat sy ‘n vlaggie gekry het.

“Daar was ‘n tyd waar ek en my perd mekaar glad nie verstaan het nie. Ons het vir ure daaraan gewerk totdat ons die probleem oorkom het. Grondwerk, of ‘horsemanship’, is die basis van dissipline tussen perd en ruiter.”

Behalwe vir Windigo het Mariette ook vir Shaheer, ‘n 21-jarige ryskoolperd waarmee sy haar eerste kompetisie gery het. “Shaheer loop saam met Windigo, want perde hou nie daarvan om alleen te wees nie. Shaheer is net nou in die ryskool se hospitaal sodat daar na sy blinde oog omgesien kan word.”

Soos met meeste geleenthede is daar altyd daai een oomblik wat ‘n mens nooit sal vergeet nie. Vir Mariette is die die parade wat hulle by die nasionale kampioenskappe in Parys moes doen en toe die deelneem in die Afridome daarna. “Windigo was nog nooit in ‘n toe arena nie, en dit was vir beide van ons ‘n nuwe uitdaging.”

Tydens die eerste kwalifiserende rondte vir die SAWMG het Mariette opgeskuif na vlak twee en 10 eerste plekke huis toe gebring. “Dit is ‘n ongelooflike gevoel om op een dag op te skuif na vlak twee en dan al die eerste plekke van ervare vlak twee ruiters, te wen.”

Mariette sê haar oefenprogram bestaan uit een dag grondwerk ‘n week, een dag speletjies oefen en Saterdae 14km te ry vir fiksheid. Voor die nasionale kompetisie vermeerder die dae wat sy oefen.

“Tydens Windigo se moeilike stadium met sy nukke het gereeld stof geëet. Na dit huil ek ‘n bietjie, stof my af en klim weer op. Om my perd rustig te hou praat ek baie met hom.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button