Local sport

Skeie klap tydens eerste liga vir skole

Jukskeispelers van verskeie skole regoor die stad en Mokopane het verlede Woensdag aan die eerste skole liga vir die seisoen deelgeneem.

POLOKWANE – Jukskeispelers van verskeie skole regoor die stad en Mokopane het verlede Woensdag aan die eerste skole liga vir die seisoen deelgeneem.

Deelnemende skole is Oosskool, Pietersburg Laerskool, Laerskool Krugerpark, Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, Hoërskool Pietersburg, Curro Heuwelkruin en Hoërskool Piet Potgieter. Die wedstryde is onderskeidelik by Oosskool en Tom Naudé gespeel.

Die voorsitter van die Limpopo skoleliga, Willa Viljoen, sê sommige spanne het meer wedstryde gespeel as ander.

“Daar was te min bane vir al die spanne om teen mekaar te speel. Na Covid-19 is die dorpsbane vervalle en die badkamers is onbruikbaar, onder andere. Dus kan ons nie die liga daar hou nie. Sou ons van die bane gebruik kon maak, kan die laer- en hoërskole saam op een terrein speel. Dus is dit belangrik dat die Polokwane Munisipaliteit die dorpsbane opknap en in stand hou. Ek weet nie wat ons gaan doen as Waterberg, Mopani en Sekhukhune se skole ook moet bykom nie. Die skole het nie genoeg bane om so ‘n liga aan te bied nie.”

Die volgende wedstryde vind op 24 Mei by PHS plaas. PLS bied die laerskole liga aan, maar aangesien hulle slegs twee bane het, gaan hulle moontlik van Tom Naudé se bane gebruik maak.

Jukskei is ‘n Suid-Afrikaanse sport wat deur die hele familie gespeel kan word. In 2001 is jukskei deur die Suid-Afrikaanse regering gekies om deel te wees van die Inheemse Speletjies-projek.

Spanne bestaan uit vier spelers wat enkel- of dubbelspel kan speel. Behalwe vir Suid-Afrika word jukskei ook in Namibia en die VS gespeel.

Die doel van die spel is om die pen wat in ‘n sandput, 10m-16m ver, staan, om te gooi. Elke speler het twee skeie en daar is twee sandputte wat teenoor mekaar staan en spel vind in beide rigtings plaas.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button