Local sport

Kolskote by SA jagters kompetisie

Enige belangstellendes kan gerus SAJWV se Facebookblad of die webtuiste www.sahunters.co.za vir meer inligting besoek.

MOKOPANE – Verskeie skuts het onlangs hulle skietvernuf tydens die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se posliga en sportskietdag getoets.

Die liga was by die RC Brits Skietbaan gehou.

Tobie van Deventer hou tyd oor Andr3; Coetzer in die semi-outomatiese-afdeling.

Een van die afdelings waaraan die skuts kon deelneem, was die handwapen-afdeling. In dié afdeling word daar 20 telskote geskiet, met vier skietoefeninge van vyf rondtes.

Die ander afdelings waaraan die skuts kon deelneem, was die 20m-senterslag pistol, 20m-senterslag rewolwer, 20m-randslag pistol, 20m-randslag rewolwer, 20m-lugpistool en in die 20m-handwapen ope klas.

Skuts onder die toesig van Kobus Dreyer as baanoffisier.

Mediabeampte van die SAJWV se Soetdoringtak, Suenelle Liebenberg, verduidelik dat die .240 semi-outomatiese-afdeling geskik is vir randslag- en senterslaggewere.

“Dit is ‘n spoedskiet oor vier verskillende afstande op ‘n 100m-baan na vaste- of draaiteikens. Dit toets spoed, akkuraatheid, vermoë om vinnig te herlaai, en die skut se kennis oor sy wapen.”

Dippies Dippenaar wys vir die jong klomp hoe word dit gedoen.

Die doel is om elke skut die geleetheid te gee om kompeterend te skiet met die klem op praktiese alledaagse gebruik. In die .22-afdeling word daar vyf skote geskiet vanaf 50m in die vryhand lêposisie, 25m-vryhand sitposisie asook in die vryhand staanposisie.

Liebenberg sê dat die tak besig is om die .22-afdeling uit te brei omrede dit gewild is onder die jonger geslag.

“Ons geniet dit om die sport te beoefen, dit leer ‘n persoon oor die veiligheid van wapens en om respek vir die natuur te hê. SAJWV gaan nie net oor skiet nie, daar is bewaring van natuur, asook fotografie,” vertel Liebenberg.

Enige belangstellendes kan gerus SAJWV se Facebookblad of die webtuiste www.sahunters.co.za vir meer inligting besoek.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button