Local sport

Karatekas blink uit in Kaapstad in wêreldtoernooi

Volgens sensei Marcia van Niekerk was die kompetisie straf en het die karatekas met die beste ter wêreld kragte gemeet.

POLOKWANE – Karatekas van Kimura Shukokai Karate het weer hul staal gewys toe twee studente onlangs tydens die Shukokai Wêreldtoernooi in Kaapstad met brons medaljes beloon is.

Harry Marais het ‘n brons medalje in kata en nog ‘n brons medalje in kata en unison kata verwerf, terwyl James Marais trots ‘n brons medalje in unison kata om sy nek kon hang.

Volgens sensei Marcia van Niekerk was die kompetisie straf en het die karatekas met die beste ter wêreld kragte gemeet.

“Die opkoms was oorweldigend ondersteun deur die deelnemers van 16 lande wat teenwoordig was. Die deelnemers was honger vir kompetisie na ‘n lang tyd van Covid-afwesigheid,” het Van Niekerk vertel.

“Vir ons is dit nou weer ‘back to basics’ en ons sien uit na die volgende wêreldtoernooi wat in Switserland aangebied gaan word.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button