Jukskei: Limpopo Legendedag ‘n reuse sukses
Die doel van hierdie dag is om legendes in die jukskeiwêreld te vereer wat deur hulle spel, gesindheid en sportmangees baie vir die spel beteken.
MOKOPANE – Altesaam 64 jukskeispelers van regoor die land het onlangs aan die tweede Limpopo Legendedag deelgeneem.
Dié geleentheid is by Die Oog Vakansieoord se jukskeibane gehou.
Die spelers het aan twee afdelings deelgeneem, die Goue en Silwer legendes.

Die doel van hierdie dag is om legendes in die jukskeiwêreld te vereer wat deur hulle spel, gesindheid en sportmangees baie vir die spel beteken.
Drie legendes is tydens die gala-aand vereer: Basjan du Preez, Kitty Fleischman en Hansie Grobler.
Bets Hansen, jarelange nasionale speler het hulde aan Kitty Fleischman gebring terwyl Gerhard du Preez hulde aan sy pa, Basjan du Preez (oud-speler van Noord-Vrystaat) gebring het.
André Grobler het hulde aan Hansie Grobler (oud-speler van Gauteng-Oos) gebring.
Saterdag se spel het in ongure weer plaasgevind, maar die gees onder die spelers was warm en elke speler het die dag geniet. Spelers het in gekombineerde spanne gespeel.
Na afloop van sewe wedstryde is die eerste drie plekke aangewys in elke afdeling. In die goue afdeling was die span van Zeiss (spelers van Noordwes en Kwazulu-Natal) in die eerste plek, terwyl die Legendespan (Springbokdames van 1995) in die tweede plek is en Thaba Noka (spelers van Limpopo en Noord-Vrystaat) kraai koning in die derde plek.
In die silwerafdeling was die span van Ford (Mpumalanga en Wes-Rand) in die eerste plek, Haval (Wes-Rand en Limpopo) in die tweede plek en Familia 2 (Gauteng-Oos en Limpopo) in die derde plek.
Die bestuur van Limpopo Jukskei wil hiermee hulle dank betuig aan die president, Nico Nel van Jukskei Suid-Afrika wat die kameras vir die uitsending, asook die puntehou.
“Groot dank ook aan al die borge en spelers, toeskouers en stalletjies wat die dag moontlik gemaak het.“




