Local sport

‘n Jarelange droom nou ‘n realiteit vir eienaar

Ring King Skopboks Klub eienaars, sensei Antoinette en afrigter Mark Clark sê die klub het ontstig omdat hulle nie 'n rou skopboks klub in Polokwane kon vind nie.

POLOKWANE – Ongeveer vier maande gelede het ‘n nuwe skopboksklub, Ring King Skopboks Klub, hul eerste studente verwelkom en vandag is daar reeds agt studente by dié klub betrokke.

Die klub, onder eienaarskap van sensei Antoinette en afrigter Mark Clark, oefen elke aand vir ‘n uur lank.

Antoinette sê die klub is ‘n droom wat waar geword het.

“Ons het so ‘n bietjie meer as ‘n jaar gelede vir werk vanaf Pretoria na Polokwane verhuis en ek het ‘n behoefte gehad om by ‘n klub wat rou skopboks aanbied, aan te sluit. Daar was nie so een hier nie, en ek het besluit om my eie klub te stig.”

Sy het begin soek na ‘n geskikte ruimte en by die Polokwane Internasionale Lughawe geholpe geraak. Hier het sy met die afrigters van Lynx Boks Gimnasium en Ion Baciu Stoei Gimnasium gesels en ooreengekom om die ruimte te deel.

“Ons leer ons studente dat hulle nie net mag baklei nie. As dit nie uit selfverdediging is nie, mag hulle nie hulle hande vir ander lig nie. Ons het ‘n groep behoeftige kinders waarmee ons ook werk en die een is nou die dag erg geslaan sonder dat hy sy hande gelig het. Dit is selfbeheersing, en waaroor skopboks eintlik gaan.” Alhoewel die studente se kennis en tegniek op standaard is, is hulle nog nie gereed vir kompetisies nie, vertel sy, en dus gaan hulle nie hierdie jaar al aan gradering of ander kompetisies deelneem nie.

Sodra hulle egter gereed is, lê daar ten minste drie groot kompetisies vir hulle voor, vertel sy.

“Ons almal hier het ‘n liefde en passie vir die sport. Ons het nog baie plek oop en neem studente in vanaf die ouderdom van vyf jaar. Maandae en Woensdae doen ons kardio-skopboks en Donderdae en Vrydae werk ons aan tegniek. Vrydae veg ons teen mekaar om dit wat ons in die week geleer het, toe te pas, en so word ons veggereed.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button