Local sport

Laerskool visvangliga skop af

Oosskool en Laerskool Pietersburg se hengelspanne was die vangste van die dag met hul indrukwekkende prestasies in die kompetisie.

POLOKWANE – Soos ‘n vis in die water is Oosskool en Pietersburg Laerskool se onderskeie visvangspanne – gemaklik langs die dam waar hulle ‘n voerplek vir visse het en probeer om eerste in die visvangliga te eindig.

Die kompetisie is op 17 Augustus gehou, Die Nyl Dam, Mokopane.

Uit die 13 laerskool spanne wat aan die liga deelgeneem het, behaal Oosskool se enigste span ‘n tweede plek.

Xavier Combrink (Oosskool) word in die derde plek vir die dag uit 48 hengelaars aangewys.

RJ Osendaal (Oosskool) word as Victor Ludorum van Limpopo Laerskole Hengel aangewys en Nathan Wessels (Oosskool) eindig algeheel vierde.

Milly Smith (gr. 2) (Oosskool) neem in die Jonge Damesspan deel en word verkies tot ‘n uitnodigingspan, wat in Bloemhof aan die Kampioen van Kampioene gaan deelneem.

PLS skryf drie seunspanne en drie meisiespanne in.

Hulle eerste seunspan asook die eerste en tweede meisiesspanne dring deur om ook in Bloemhof te gaan deelneem.

Elain Venter (PLS) is op die kortlys vir die Limpopo uitnodigingspan.

Martin Venter (PLS) maak die kortlys vir die Limpopo uitnodigingspan.

PLS Uitslae:

Seuns:
• Eerstespan eindige algeheel eerste,
• Tweedespan eindig algeheel sesde.
• Derdespan eindig algeheel vyfde.
Individueel:
• Righard Cilliers verwerf ‘n tweede plek met twee goue en een silwer toekenning.
• Chris-Lou Duvenhage verwerf ‘n derde plek met vier goue en een brons toekenning.
• Jason Breed verwerf ‘n vyfde plek met twee goue toekennings.

Meisies:
• Eerste span word as ligawenners aangewys.
• Tweede span word as naaswenners aangewys.
• Derde span eindig vierde.
Individueel
• Temicke Kruger word as Victrix Ludorum aangwys met ses goue en een silwer toekenning.
• Janica Cilliers verwerf ‘n derde plek met een goud, twee silwer en twee brons toekenning.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button