EntertainmentLifestyle

Enjins brul vir brille en pille

DIE motorfietse se enjins het behoorlik gebrul en daar is aan heerlike pannekoeke en worsbroodjies gesmul tydens die Piet Potgieter Monument Ouetehuis se jaarlikse brille en pille fondsinsamelings

MOKPANE – DIE motorfietse se enjins het behoorlik gebrul en daar is aan heerlike pannekoeke en worsbroodjies gesmul tydens die Piet Potgieter Monument Ouetehuis se jaarlikse brille en pille fondsinsamelings wat verlede Saterdag gehou is.

Die dorp se jonger garde het gewys hulle gee om, so ook die talle motorfietsklubs se lede wat van oral in die omgewing gekom het om die dag saam met die oues van dae te geniet.

Vir die bejaardes was daar nie tyd om aan hul skete, brille en pille te dink nie en hul glimlagte was groot oor die goeie opkoms en lekker samesyn.

Mariaan van Tonder, bestuurder van die ouetehuis, sê die dag was weereens ‘n reuse sukses met ‘n rekordgetal mense wat vanjaar die liefdadigheidsprojek kom ondersteun het.

Meer as R20 000 is gemaak uit die verkope van die bejaardes se stokperdjie-artikels.

Die ouetehuis sê dankie die ondersteuning is vir hulle kosbaar en wys hoeveel die gemeenskap omgee vir die bejaardes van die dorp.

Hierdie jong familie het met hul groot brullende motorfiets aandag getrek.
Hierdie jong familie het met hul groot brullende motorfiets aandag getrek.
Vroegoggend was die ouetehuis 'n miernes van bedrywighede saam met die talle  motorfietse wat netjies in lang rye opdie terrein geparkeer is.
Vroegoggend was die ouetehuis ‘n miernes van bedrywighede saam met die talle motorfietse wat netjies in lang rye opdie terrein geparkeer is.
Die motorfietsryers het in 'n lang stoet deur die dorp hulle steun aan die dag gewys.
Die motorfietsryers het in ‘n lang stoet deur die dorp hulle steun aan die dag gewys.
Die bejaardes in rolstoele het die uitstappie in die straat terdeë geniet.
Die bejaardes in rolstoele het die uitstappie in die straat terdeë geniet.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button