Cuppa for CANSA met ‘n verskil aangebied
MET hope energie, stapskoene en van kop tot tone in pienk geklee, het vroue Vrydag die Cuppa for Cansa van gasvrou Valerie van der Walt in Mokopane bygewoon.
MOKOPANE – MET hope energie, stapskoene en van kop tot tone in pienk geklee, het vroue Vrydag die Cuppa for Cansa van gasvrou Valerie van der Walt in Mokopane bygewoon.
Die Cuppa for Cansa-projek is een van die Suid-Afrikaanse Kankervereniging se jaarlikse fondsinsamelingsprojekte.
‘n Uitdagende staproete van 10km is as deel van dié tee op Waltie en Trichia van der Walt se wildsplaas deur die 18 vroue en twee mans aangedurf.
Die vriendelike Kansa-gelukbringer, Toktokkie, het die kinders vermaak en hulle, asook hul ouers, ingelig oor hoe om ‘n meer gesonde leefstyl te handhaaf.
Die dag is op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n wildrit wat almal geniet het en R3 870 is aan Kansa oorhandig.
Ansie van Heerden, takbe-stuurder van Kansa, bedank almal vir hulle deelname wat gelei het tot die sukses van hierdie dag.



