EntertainmentLifestyle

Wys hoe goed jy is: plant ‘n pampoen!

Phillippie de Beer, voorsitter van TLU SA Noord, herinner lede dat dit nou die tyd is om die aanplantings te doen vir die jaarlikse Goliat van Gat Pampoen-groeikompetisie.

MOKOPANE – INDIEN jy oor groen vingers beskik en ‘n passie het vir uniekheid en liefdadigheid is die Goliat van Gat Pampoen-groeikompetisie ideaal vir jou.

Phillippie de Beer, voorsitter van TLU SA Noord, herinner lede en alle belangstellendes dat dit nou die tyd is om die aanplantings te doen vir die jaarlikse Goliat van Gat Pampoen-groeikompetisie.

Die finale beoordeling van die kompetisie word aanstaande jaar op Saterdag, 28 Maart 2015 by die Pioniersmuseum in Pretoria gehou.

Dit is ideaal vir jonk en oud en al wat jy nodig het is ‘n 3,3m² stukkie grond.

Vanjaar is die Goliat van Gat Pampoenfees in Stilbaai op 29 Maart gehou.

Die kompetisie het op ‘n gewigtige noot van 494kg geëindig met die wenner Pienkie Swart se bobaas pampoen.

Die doelwit van die kompetisie is om op ‘n vrolike manier verbruikers bewus te maak van die noodsaaklikheid van boere en landbouers vir ons voedselsekerheid.

Om van hierdie ‘wenresep’ pitte in die hande te kry, skakel gerus die TLU SA-streekkantoor in Polokwane by (015) 293 9804.

Koste beloop R50 per inskrywing waarvan die vier pitte ingesluit is.

Uniekheid is nie die enigste motivering om deel te neem aan die Goliat van Gat Pampoen-groeikompetisie nie, maar die feit dat die opbrengs aan liefdadigheid geskenk word, is die finale oortuiging.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button