EntertainmentLifestyle

Hadashah se leerders kuier by oues

Vrydag het die inwoners van Martha Hofmeyr en Vergeet My Nie se kersseisoen begin danksy 'n besoek van leerders van die Hadashah Learning Centre.

POLOKWANE – Vrydag het die inwoners van Martha Hofmeyr en Vergeet My Nie se kersseisoen begin danksy ‘n besoek van leerders van die Hadashah Learning Centre.

Vroeg reeds was die geur van pannekoek in die lug en oral op die tafels het klein kersboompies gestaan wat ‘n feestelike atmosfeer geskep het. Die leerders, geklee in hul pers skoolkleure, het konsert gehou en liedjies gesing en ook ‘n gediggie of twee voorgedra.

Dansers van die Shalyhim-dansgroep het ook die inwoners verstom met hulle danspassies en vertolking van die geboorte van Jesus.

Na afloop van die verrigtinge het die leerders pannekoek geniet terwyl die inwoners van Martha Hofmeyr en Vergeet My Nie koek en tee of koffie geniet het. Almal wat deel was van die besoek het dit terdee geniet.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button