EntertainmentLifestyle

Hans Dromedaaris kap dit uit by die Suid Jolyt Fees

Saterdag het Hans Dromedaaris by Laerskool Pietersburg se Suid Jolyt Fees by die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé opgetree.

POLOKWANE – Saterdag het Hans Dromedaaris by Laerskool Pietersburg se Suid Jolyt Fees by die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé opgetree.

Review het daar met hom gaan gesels.

Hy het vertel dat hy sy musiekloopbaan as perkussiemusikant begin het, vandaar sy verhoognaam wat afgelei is van “die dromme wat altyd daar is,” ‘n Aprilgek-grappie van hom wat vasgesteek het en sy identiteit ge-raak het.

Hans het egter moeggeraak om in die agtergrond te bly terwyl die sangers en kitaarspelers voor op die verhoog gespeel het. Daarom het hy begin kitaarspeel en sing.

“Dit was ‘n kwessie van oorlewing in die musiekbedryf. In 2003 het ek in kroeë in Pretoria en by vakansieoorde begin optree. Ek het die gehore vermaak met musiek en die grappies wat ek vertel het,” het hy verduidelik.

Sy gewildheid het gegroei oor die jare en hy het al verskeie musiektoekennings gewen, onder andere die gewilde Huisgenoot Tempo-toekenning vir komedie-album.

Hy was ook al benoem vir ‘n Vonk-toekenning.

Hans het vertel hy en sy gesin woon in Centurion waar hy ook ‘n musiekskool bedryf.

Sy vrou, Yolanda, en dogters, Ilse en Alika, ondersteun hom baie. Ilse het ook onlangs saam met haar pa begin optree.

By sy musiekskool bied hy vir meer as 50 studente klasse aan in sang, kitaarspel, dromspel en baskitaarspel. Hy het ook ‘n mu-siekateljee waar hy tans net sy eie musiek opneem.

“Ek werk dag en nag, maar so gaan dit as mens jou eie baas is. In die oggende skryf ek musiek, in die middae is ek by die musiekskool, na aandete bring ek tyd saam met my gesin deur en daarna verwerk ek my musiek tot laatnag,” het hy vertel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button