EntertainmentLifestyle

Wen dubbelkaartjies – Gerrie Pretorius ‘tydlose goue oues’

Een van Suid-Afrika se gunsteling sangers en verhoogkunstenaars, Gerrie Pretorius, tree op 29 November in Sun Meropa se konferensiesentrum op om sy nuwe album, Onthou Die Goue Oues, hier bekend te stel.

WEN WEN WEN

5 lesers kan elk ‘n dubbelkaartjie van Gerrie Pretorius se vertoning wen.

Lees Review hoe om te wen. Lyne sluit Vrydag 13:00

POLOKWANE – Een van Suid-Afrika se gunsteling sangers en verhoogkunstenaars, Gerrie Pretorius, tree op 29 November in Sun Meropa se konferensiesentrum op om sy nuwe album, Onthou Die Goue Oues, hier bekend te stel.

Die album is volgepak met immergroentreffers deur bekende internasionale en plaaslike kunstenaars in Engels, Afrikaans, Spaans en Frans.

Aanhangers kan verwag om weggevoer te word deur Gerrie se skou-spelagtige vertolkings, verhoogteenwoordigheid en vokale vermoë.

“Ons is absoluut verheug om te bevestig dat Gerrie Pretorius by ons op die verhoog sal wees op 29 November. Dit beloof om ‘n onvergeetlike optrede te wees met liedjies vir ieder en elk,” sê Raksha Gunpath, skakelbeampte en promosiebestuurder van Sun Meropa.

Gerrie het multi-platinum verkope met sy albums bereik en sy naam gevestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf sedert hy sewe jaar gelede begin sing het.

Hy het naam gemaak met treffers soos Annemarie, 7 Sondes, en met sy bekende Swing-album wat hom verskeie toekenings besorg het.

Sewe van Gerrie se 11 albums het platinumstatus bereik. Sy album, Ek Sing vir Jou, Bles, het goue status bereik nog voordat die album in winkels beskikbaar was. Die DVD het groter sukses bereik deur platinumstatus op voorverkope te bereik.

Hy sing met warmte in sy stem en kan maklik afwissel tussen ballades, pop of meer gesofistikeerde jazz.

Gerrie het reeds deur die hele Suid-Afrika getoer en saam met van die beste musikante en vervaardigers in die industrie gewerk. Hy het ook suksesvol getoer in Australië, Amerika, die Engeland, Namibië, Botswana en Zambië en is al ‘n ‘n bekende gesig in Nederland waar hy nou saam met vervaardiger George Baker, ‘n voormalige lid van die George Baker Selection Band, werk.

Gerrie se optrede begin om 20:00 maar gaste is welkom om reeds vroeer te kom. Die deure sal reeds om 19:00 oopmaak. Kaartjies kos R100 vir volwassenes en R50 vir kinders.

Ondersteuners word aangemoedig om voor die tyd besprekings te maak by die Sun Meropa kontanttoonbank.

Vir meer inligting skakel Sun Meropa by (015) 290 5400.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button