Mernette Swartz staan by van haar kunsstudente se kunswerke wat sy tans uitstal by die A.G.S. Taberna Dei Moederkampus in Jorissenstraat. Die uitstalling sal vandag van 11:00 tot 16:00 oop wees vir die publiek.
POLOKWANE – Mernette Swartz bied daagliks kunsklasse aan vir sowat 50 leerders van gr.1 tot 12.
Ses volwasse kunsstudente het ook onlangs by haar klasse aangesluit om hul kunstalent te ontwikkel.
“Ek probeer soveel as moontlik verskillende media soos akriel, pastel en houtskool, aan die laerskoolleerders bekendstel terwyl ek meer op tegniek fokus wanneer ek met die hoërskoolleerders werk,” vertel Mernette.
Sy bied die kunsklasse aan by die A.G.S. Taberna Dei Moederkampus in Jorissenstraat en haar klasse is nie groter as 12 leerders per klas nie want, soos sy sê, dit kan moeilik raak wanneer hulle aan sekere projekte werk.
Mernette het besluit om, aangesien die jaar tot ‘n einde kom, haar leerders se beste kuns-werke uit te stal in die kunsklas by Taberna Dei.
“Ek doen dit om erkenning te gee aan my leerders en hul harde werk deur die jaar.
“Enigiemand is welkom om te kom kyk.”
Die uitstalling het Dinsdag begin en sal vandag van 11:00 tot 16:00 oop wees vir die publiek.
Kara Heyl se voorstelling van ‘n tak met blare wys op uitstekende tegniek. Hierdie kunswerk is deel van Mernette Swartz se studentekuns-uitstalling wat tans by die A.G.S. Taberna Dei Moederkampus in Jo-rissenstraat aangebied word. Die uitstalling sal vandag van 11:00 tot 16:00 oop wees vir die publiek.Kylah van Schalkwyk se kunswerk is deel van Mernette Swartz se studentekunsuitstalling by die A.G.S. Taberna Dei Moederkampus in Jorissenstraat. Die uitstalling sal vandag van 11:00 tot 16:00 oop wees vir die publiek.‘n Sittende man wat deur Euné Faber geteken is word uitgestal by Mernette Swartz se studentekunsuitstalling by die A.G.S. Taberna Dei Moederkampus in Jorissenstraat. Die uitstalling sal vandag van 11:00 tot 16:00 oop wees vir die publiek.Abigail Olivier wys trots na een van haar kunswerke wat sy uitstal by die A.G.S. Taberna Dei Moederkampus in Jorissenstraat. Die uitstalling sal vandag van 11:00 tot 16:00 oop wees vir die publiek.