EntertainmentLifestyle

Taberna Dei Ooskampus bied ‘n unieke konsert vir inwoners aan

Die A.G.S. Taberna Dei Ooskampus in Bekkerstraat het verlede Donderdag- en Vrydagaand hul vierde jaarlikse Barnyard-konsert aangebied

POLOKWANE – Die A.G.S. Taberna Dei Ooskampus in Bekkerstraat het verlede Donderdag- en Vrydagaand hul vierde jaarlikse Barnyard-konsert aangebied.

Gaste het hulle eie piekniekmandjies gebring of hulle kon heerlike kos koop by die kerk. Die geure van kerrie en rys, worsbroodjies met die lekkerste tama-tiesmoor, pannekoek en skyfies het in die lug gehang en die smaakknoppies geprikkel.

Taberna Dei se aanbiddingspan en vier lede van die Limpopo Youth Orchestra het ‘n wye verskeidenheid musiek gespeel.

Die musiek het gewissel van Beet-hoven se vyfde simfonie en ander klassieke stukke, tot kontemporêre liedjies, Afrikaanse musiek, Country en volksliedjies soos My Sarie Marais en die ou bekende My Bonny Lies Over the Ocean.

Die opkoms vir hierdie konserte was uitstekend en sangleier Douglas Brooks het gesê hulle het in die verlede tot 600 mense op een slag by ‘n Barnyard-konsert gehad.

Pastoor Frikkie van der Merwe en sy minia-tuurghitaar sorg  vir groot pret en baie lag by die A.G.S. Taberna Dei Ooskampus se Barnyard-konsert verlede Donderdag en Vrydag.
Pastoor Frikkie van der Merwe en sy minia-tuurghitaar sorg vir groot pret en baie lag by die A.G.S. Taberna Dei Ooskampus se Barnyard-konsert verlede Donderdag en Vrydag.
Die aanbiddingsspan van Taberna Dei is voor, Madelein Meyer, Douglas Brooks, Carlien de Lange en Theuna de Jager. Agter staan Altus du Plessis, Frikkie van der Merwe, Danie Oosthuizen en Grant Cahn. Hulle het by die A.G.S. Taberna Dei Ooskampus se Barnyard-konsert opgetree verlede Donderdag en Vrydag.

Riaan Prinsloo en sy ma, Erna, wys hoe 'n familie saam kan musiekmaak by die AGS Taberna Dei Ooskampus se Barnyard-konsert verlede Donderdag en Vrydag.
Riaan Prinsloo en sy ma, Erna, wys hoe ‘n familie saam kan musiekmaak by die AGS Taberna Dei Ooskampus se Barnyard-konsert verlede Donderdag en Vrydag.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button