EntertainmentLifestyle

Fokus op praktiese sy

MIN maatskappye het die soort houvas wat Toyota in die bakkiemark geniet, veral wanneer dit by getroue werkesels kom.

MIN maatskappye het die soort houvas wat Toyota in die bakkiemark geniet, veral wanneer dit by getroue werkesels kom.

Toyota het dus pas nadat hy die Legend 45-pakket bekendgegstel het, wat nou deel is van al die Hilux-modelle aan die bopunt van die reeks, op die meer praktiese sy van sake begin fokus met ‘n behoorlike herontwerping van die Hilux 2.5 D-4D SRX.

Die hoëromp-weergawe (Raised Body) van die Hilux 2.5 D-4D SRX Xtra Cab vervang die vorige weergawe met die gewone bak.

Die nuwe weergawe van die langkajuit-bakkie het in reaksie op klante se insette nou ‘n hoër ry- en grondvryhoogte sowel as ‘n verbeterde inval- en vertrekhoek om uitdagende terreine makliker baas te raak.

Swaardiens 16-duim wiele vul die hoër vering aan ten einde die voertuig se verrigting op ruwwer paaie te versterk.

Daarbenewens is die toerusting wat in die nuwe hoërompweergawe aangetref word in pas met dié van ander SRX-modelle gebring om by die praktiese gebruik van die voertuig te pas en bestendigheid regdeur die hele produkreeks te bewerkstellig.

Die nuweling is in ooreenstemming met sy geharde voorkoms van die meeste van sy chroomafwerking gestroop en pronk nou met praktiese swart afwerking vir deurhandvatsels en deurspieëlhulsels.

Die binnekant van die SRX het nou ook ‘n meer geharde doekstofbekleedsel wat van effens growwer material vervaardig is.

Nog goeie nuus is die prys: die nuwe Hilux 2.5 D-4D Xtra Cab-model is, ten spyte van die algehele onlangse prysverhoging vir die laaste kwartaal, net effens duurder as sy voorganger. Die nuwe kleinhandelprys is R298 700, net R5 000 meer as die vorige model.

Kerntoerusting:

• 2.5 D-4D-viersilinder-dieselenjin met dubbele bonokasse (DOHC) en 16 kleppe, gekoppel aan ‘n 5-gang-handratkas;

• 75kW teen 3600rpm;

• 260Nm teen tussen 1600 en 2400 rpm;

• Modderklappe voor en agter;

• Lugversorging;

• Klankstelsel met Bluetooth en RDS;

• Stuurgemonteerde skakelaars;

• Kragstuur;

• USB-sok;

• Diefweerstelsel;

• Dubbele lugsakke voor;

• Sluitwerende remme (ABS), en

• ‘n diensplan van vyf jaar of 90 000km.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button