EntertainmentLifestyle

Gewilde Kersmark nog oop tot dié Saterdag

Elke jaar kry die Kersmark van die A.G.S. Kerk Taber-na Dei Moederkampus groot aftrek en vanjaar is geen uitsondering nie. Die mark is nog oop tot Saterdagmiddag.

POLOKWANE – Elke jaar kry die Kersmark van die A.G.S. Kerk Taber-na Dei Moederkampus groot aftrek en vanjaar is geen uitsondering nie.

Vrydag het die mark hulle deure oopgegooi en inwoners stroom elke dag na die mark om kersgeskenke en ander pragtige ware te koop.

Wanneer die dag te warm raak en die markgangers moeg raak, kan hulle lafenis vind onder die koeltebome van die teetuin waar heerlike eet- en drinkgoed op die spyskaart is.

Die Kersmark bied iets vir almal, van boeke, beskuit en juweliersware tot gebak, seep en selfs kaasprodukte.

Die mark is nog oop tot Saterdagmiddag.

Die deure maak weeksoggende om 08:00 oop (09:00 op Saterdag) sluit elke aand om 19:00.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button