EntertainmentLifestyle

Vervaardiger bult spiere met nuwe sportsedan in SA

LEXUS is verseker besig om sy vervaardigerspiere te bult deur nog 'n model by die gewilde hoëverrigting F-produkreeks te voeg.

LEXUS is verseker besig om sy vervaardigerspiere te bult deur nog ‘n model by die gewilde hoëverrigting F-produkreeks te voeg.

Die splinternuwe GS F-sportsedan sal ongelukkig nie binnekort in Suid-Afrika beskikbaar wees nie, maar Suid-Afrikaners sal eersdaags aan die ontvangkant van die blitsige Lexus RC F met ‘n soortgelyke enjin wees.

Dié sedan, wat op die vooraanstaande middelgrootte GS gegrond is, is Lexus se grootste voertuig nog wat met die F-kenteken pronk.

Die GS F word aangedryf deur ‘n turbolose V8-enjin van 5,0 liter met ‘n kragtige 348kW en wringkrag van 527Nm.

Die enjin is aan ‘n outomatiese agtgang-transmissie met handverstelvermoë en drie rymodusse, Normaal, Sport S en Sport S Plus, gekoppel.

Die voertuig se hantering is by die Fuji-renbaan in Japan sowel as op Duitsland se bekende Nürburgring verfyn.

Die GS F pronk verder met strukturele versterking en ‘n veerstelsel wat eksklusief ontwerp is om by die motor se verrigting te pas.

Die nuweling het ook groter bande, 255/35-19 voor en 275/35-19 agter, terwyl ‘n opgekikkerde remstelsel met helderoranje rempknypers vir die remwerk sorg.

En net om te bewys dat hy die voorkoms het om by die verrigting te pas, is die GS F in opvallende sportdrag uitgevat, waaronder ‘n vergrote en duideliker weergawe van Lexus se toonaangewende uurglas-sierrooster met ‘n kenmerkende maaspatroon en oormatige groot luginlate.

Dun kopligte met Lexus se onderskeidende L-vormige dagligryligte rond die motor se elegante dog dinamiese aansig netjies af.

Van die kant gesien is die GS F sigbaar laer en breër as enige ander GS-modelle, wat met sy luguitlate in die voorste lugskort en 19-duim alloooisierwiele saamsmelt om dit in ‘n oogopslag as F-model te laat uitstaan.

Binne kry die GS F-kajuit ‘n F-stuurwiel en ‘n nuwe geprogrammeerde elektroniese instrumentehuisie waarvan die skerm vir vier verskillende bestuurstyle ingestel kan word.

Omgeboude voor- en agtersitplekke bied die insittendes ook meer laterale steun.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button