B sharp stel CD vry
'n Jarelange droom het waar geword Saterdagaand toe die Rock Hard Music Productions se B Sharp sangers hul eerste CD, “Dis nou ons tyd” bekendgestel het
POLOKWANE – Die CD-bekendstelling is by Divine Ministries gehou en die sangers was opgewonde om die gehoor te vermaak.
Alhoewel hulle almal reeds vantevore voor groot gehore soos die Polokwane Skou opgetree het, was hulle effe senuweeagtig, maar die oomblik toe die musiek begin speel, was hulle en die gehoor vasgevang.
Jean Pierre Duvenage, Eienaar van Rock Hard Music Productions, sê die sangers is almal hardwerkende musikante wat reeds van kleintyd af dinge doen waarvan ander net kan droom.
“Hierdie is mense wat lief is vir musiek en hul talente waardeer. Ek salueer hierdie biljante musikante. Hulle klim die leer na sukses. Die CD’s het verkoop en elke sanger en hul aanhangers het gesellig saam gekuier.
“Ek was effens op my senuwees, maar is gelukkig oor die sukses van die aand,” het Anneke Serfontein, een van die sangers, vertel.
Hierdie is van die liedjies wat op die CD geluister kan work:




