EntertainmentLifestyle

PLS pretdag is verskuif

Die vorige fondsinsameling vir Koos de Beer se rekonstruksiechirurgie het uitgereën.

POLOKWANE – Die PLS pretdag is veskuif na 23 April, steeds by Pietersburg Laerskool se veld.
Daar gaan stalletjies wees met heerlike kos, koeldranke, roomys, vetkoeke, klere, krale, houtwerk, verfwerk, en ‘n verskeidenheid ander produkte.
Vir die vermaak sal daar ‘n springkasteel wees sowel as dansskole en studios wat hul talente op skou sal sit.
Daar gaan ook gaskunstenaars wees wat optree en die publiek word genooi om ook op te tree.
Kokomo Radio gaan lewendig uitsaai op die dag.
Koste per stalletjie beloop R200 en fondse gaan vir liefdadigheid. ‘n Deel van die geld gaan aan Koos de Beer wat ‘n rekonstruksie operasie moet ondergaan na kanker aan sy gesig verwyder is. Die ander deel van die geld gaan aan die “Vision of Hope” organisasie.
As jy lekker potjiekos kan maak, daag jou vriende uit en kom slaan een aanmekaar.
Bring jou eie hout, kos en vernuf en wys ons hoe dit gedoen word.
Inskrywingsgeld vir die potjiekoskompetisie is R50. Wanneer die potjie gereed is, word dit verkoop en die verkope tel as bydrae vir die insameling.
Toegang beloop R10 vir volwassenes en hoërskoolkinders en R5 vir jong en laerskoolkinders. ‘n Blikkie kos is ook deel van die toegangsfooi.
Inskrywingsvorms vir die potjiekoskompetisie asook bankbesonderhede vir finansiële bydrae is beskikbaar by Alta by 084 850 0420 of ‘n e-pos aan altapieterse@telkomsa.net vir verdere inligting.
Die heerlike potjiekos gaan teen R20 per bord te koop wees na die beoordeling en gaan die gaste die kans gee om die potjies self te beproef.
Hekke open om 09:00.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button