Jakkie Louw kuier by Pietersburg Klub
Die lede van die Pietersburg Klub is Vrydagaand deur die bekende Afrikaanse sanger Jakkie Louw se sang bederf tydens ‘n eksklusiewe vertoning by dié klub
POLOKWANE – Die lede van die Pietersburg Klub is Vrydagaand deur die bekende Afrikaanse sanger Jakkie Louw se sang bederf tydens ‘n eksklusiewe vertoning by dié klub.
Voor die optrede Franco Marx, een van die klublede en ‘n bestuurslid van Pietersburg Klub, ‘n geskiedkundige gedenkboek van die Pietersburg Klub aan Louw oorhandig. Die boek handel oor die klub se betsaan vanaf 1902 tot 2002 en is deur bekende avontuurlustige Limpopo skrywer, Louis Changuion, geskryf en saamgestel.
Zendi Linde, die Bestuurder van Pietersburg Klub, sê Vrydagaand se geleentheid is slegs een van die vele eksklusiewe voordele wat lede het deur aan die Pietersburg Klub te behoort.
Louw het tydens sy optrede melding gemaak van die goeie akoestiese klank van die klubsaal en gesê dat dit altyd vir hom ‘n aangename ervaring is om by klubs soos die Pietersburg Klub op te tree.
Linde moedig inwoners aan om by die klub aan te sluit, hulle kan die klubkantoor by (015) 291 2900 skakel of ‘n e-pos aan info@pietersburgclub.co.za stuur vir meer besonderhede hoe om lidmaatskap te bekom.






