EntertainmentLifestyle
Lekker kuier by Lentefees Karnaval
Een van die stad se aanspraakmakers op die 2016/2017 Mev Polokwane-kroon, Lylani Nel-Seitz het Saterdag die Lentefees Karnaval op die sportterrein van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied.
POLOKWANE – Volgens Nel-Seitz is die doel van hierdie karnaval om fondse in te samel vir die plaaslike Diere Beskermingsvereniging (DBV).
Die karnaval het onder meer stalletjies gehad waar allerlei eetgoed soos pannekoek, vetkoek en maalvleis en selfs spookasem verkoop is.
Daar is ook ‘n verskeidenheid kunstighede en handgemaakte speelgoed
te koop aangebied.
Een van die grootste aantreklikhede was die pretpark met ‘n verskeidenheid mallemeule en prettige ritte wat feesgangers se waagmoed geprikkel het.








