Pretdag by Martha Tehuis
Die negende en laaste Bikers that Care Golden Oldies pretdag vir die jaar het onlangs by die Martha Hofmeyer Tehuis plaasgevind.
POLOKWANE – Soos met elke jaar was motorfietsryers van Bikers that Care en ander klubs daar om die geleentheid te ondersteun. Daar was ook verskeie stalletjies en heerlike eet en drink goed om te koop.
Die motorfietsryers kon na registrasie smul aan ‘n heerlike ontbyt waarna die Mej Golden Oldie kompetisie plaasgevind het. Daar was ander prettige aktiwiteite vir besoekers om aan deel te neem soos eier gooi, aartappel skil en die gewilde slow race. Die bejaardes het die geleentheid gehad om motorfietse te ry en hulle het dit vreeslik geniet.
“Dit is nie die laaste Golden Oldies geleentheid nie, dit is slegs die laaste keer dat ek en my man, Richard dit aanbied. ‘n Ander lid van die klub sal by ons oorneem en almal kan uitsien na nog baie pret volgende jaar,” vertel Lynn van Balkom, van Bikers that Care.
Die Lions Klub het gesorg vir verversings op die dag.



















