EntertainmentLifestyle
Soetdorings verjaarsdagbasaar
Soetdorings Buiteklub het Saterdag, 10 September hul verjaarsdag gevier met 'n spesiale familiedag en basaar.
POLOKWANE – Daar was stalletjies met iets vir almal te kies en te keur en baie vermaak vir oud en jonk.
Maverick van Hosa Radio het gesorg vir voetstamp-musiek in die pouses tussen die plaaslike kunstenaars se optredes.
Een van die organiseerders van die basaar en pretdag, Gilbert Bosch, het gesê die dag was ‘n reuse sukses.
So tussendeur die feesvieringe was daar ook fondse ingesamel vir die Hoop vir Kinders organisasie.
Maryna Kruger, ‘n verteenwoordiger van die organisasie, het gesê hulle waardeer die ondersteuning en dat die fondse wat ingesamel is aangewend gaan word om na die kinders en die sentrum se daaglikse onderhoud om te sien.








