Belangrikheid van onderwys deur humor beklemtoon

‘n Komiese toneelstuk oor die gevolge van vroeë skoolverlating het die leerders van Good Hope Primary School Dinsdag twee keer oor hul skoolloopbane laat dink. Tina Mandelkorn, maatskap­like werker van die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging, en Ida Kemp, ontvangsdame, het leerders by die skool met ‘n opvoedkundige opvoering as deel van die organisasie se vieringe …

‘n Komiese toneelstuk oor die gevolge van vroeë skoolverlating het die leerders van Good Hope Primary School Dinsdag twee keer oor hul skoolloopbane laat dink.
Tina Mandelkorn, maatskap­like werker van die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging, en Ida Kemp, ontvangsdame, het leerders by die skool met ‘n opvoedkundige opvoering as deel van die organisasie se vieringe van Kinderbeskerm­ings­­week vermaak.
Die interaktiewe dramatisering het die verhaal van ‘n druipeling wat besluit om eer­der die skool te verlaat, vertel. Na afloop van die optrede het Mandelkorn leerders gehelp om die swak besluite van die hoofkarakter te identifiseer.
Sy het verduidelik dat mens van jongs af akademie eerste moet stel en ook teen groepdruk gewaarsku en gesê dat verkeerde vriende en keuses mens se lewensdrome in gedrang kan bring. Na afloop van die besoek het Mandelkorn aan Polokwane Observer gesê: “Die doel van die sessie was om aan leerders te wys hoe ‘n groot verskil dit in hul lewens kan maak indien hul suksesvol met tersiêre opleiding as oogpunt matrikuleer.”
Nasionale Kinderbeskermingsweek is verlede week in Suid-Afrika gevier.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Ida Kemp, Polokwane Kin­der- en Gesinsorgvereninging ontvangsdame, speel die rol van ‘n leerkrag by Good Hope Primary School.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button