Suikerbekkies hou jaarlikse boeresportdag

Die boeresportdag is onlangs op die sportvelde van Laerskool Piet Hugo gehou.

POLOKWANE – Met tonge wat plek-plek uit die mond steek en uitdrukkings van stram konsentrasie het die kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool hul bes gelewer in hul jaarlikse boeresportdag.

Die kleuters, tussen die ouderdom van twee tot ses jaar, het hul bes gedoen terwyl ouers hulle van die kantlyn af aanspoor om vinniger as die maatjie langs hulle te hardloop of om op te staan as hulle neer sloeg.

 

Skoolhoof van Suikerbekkie Kleuterskool, Lize van Dyk, sê hierdie jaarlikse boeresportdag gee nie net die kinders die geleentheid om hul motoriese spiere te ontwikkel nie maar gee ook ouers die geleentheid om meer dig by hul kinders se skoolaktiwiteite betrokke te raak.

Onder andere het die kleuters aan verskeie resies deelgeneem, kruiwastoot, sakresies, aartappelresies, toutrek en ‘n skopfietsresies.

Die kleuters het medaljes ontvang vir hul deelname aan die boeresportdag terwyl hulle aan heerlike eet- en drinkgoed kon smul wat by die stalletjies te koop was.

reporter29@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button