Tommies ruim tyd in om bloeddiens te help
Leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het die SANBS Limpopo se bloedskenkkliniek Vrydag met oorgawe ondersteun. Eerstekeer-skenker, Anandré Nel, het gesê sy is deur leerders wat gereeld skenk aangemoedig. “Dit is regtig nie so erg nie, en vir ‘n baie goeie doel,” sê sy en op haar beurt ook ander leerders aangemoedig om bloed …

Leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het die SANBS Limpopo se bloedskenkkliniek Vrydag met oorgawe ondersteun.
Eerstekeer-skenker, Anandré Nel, het gesê sy is deur leerders wat gereeld skenk aangemoedig. “Dit is regtig nie so erg nie, en vir ‘n baie goeie doel,” sê sy en op haar beurt ook ander leerders aangemoedig om bloed te skenk en sodoende lewens te red.
Leon Spies was ook vir die eerste keer in die bloedskenkstoel. “Ek sal definitief nou ‘n gereelde bloekskenker wees.”
Volgens SANBS Limpopo skakelbeampte, Ipeleng Thetela, is 60 eenhede ingesamel.
Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



