EntertainmentLifestyle

Lente bring pret én aanbidding in Mokopane

Lente is in die lug en daar is drie heerlike geleenthede op die dorp se kalender.

• Die N.G. Hulp en Hoop Gemeenskapskerk herinner die gemeenskap aan hulle lentebasaar op Saterdag, 1 September. Kom kry jou gratis koffie en kom kuier saam by al die stalletjies op die kerkterrein.

• Die plaaslike gemeentes op die dorp beplan om op Sondag, 2 September, by die Kameeldoring Gholfklub ‘n besonderse Lofprysingsdiens te hou waar alle Christene van alle denominasies bymekaar gaan kom om die Here se naam te loof en prys. Die diens sal gelei word deur ds. Jacques Erasmus en begin om 18:00.

Plaaslike kunstenaars gaan ook optree met lofprysing en aanbidding. Die hele gemeenskap word uitgenooi. Almal moet hulle eie opvoustoele en piekniekmaandjies bring. Vir navrae kontak ds. Erasmus by 072 653 9845.

• Die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging hou op Saterdag, 8 September, ‘n lentedans by Bundu Lapa. Gerry Lee, bekende sanger van Mokopane, gaan die dansers se voete laat jeuk. Daar sal kosstalletjies wees en ‘n kontantkroeg om die dors te les. Ingangsfooie is R80 per persoon en kinders bo 15 jaar betaal R40. Kinders onder 15 kan verniet die geleentheid bywoon.

Kom koop nou jou kaartjie by die DBV of skakel (015) 491 3661 vir besprekings.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button