Applous in orde vir stad se kore

Laer- en hoërskoolleerders het die geleentheid gekry om hulle liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef.

POLOKWANE – Die ATKV-Applous, ‘n koor kompetisie, se eerste ronde het onlangs in die stad plaasgevind. Die jaarlikse kompetisie sien die skole se kore teen mekaar mee ding, met die top skole wat dan deurdring na die volgende ronde in Bloemfontein. Adrie Booysen is sinoniem met koor en sang in die stad en is een van die organiseerders die jaar.

Erna Ronelke, Bonel Boonzaaier en Bragi Thør Valsson van die ATKV.

Die beoordelaars-paneel bestaan uit Erna Ronelke, Bragi Thør Valsson en Margie Spaumer van die ATKV. Saam met hulle is Rita Erasmus en Ria Odendaal, wat Oosskool en Hoërskool Pietersburg se kore afrigting. Die paneel word afgerond met die hoof organiseerder van ATKV-Applous Limpopo, Dorinda Bester.

Uitslae:

Laerskool Pietersburg – Goud.

Oosskool se junior koor – Goud.

Oosskool in die meriete afdeling – Goud.

PHS – Silwer.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button