Boemelaars kikker mandjiedans op
Die Boeremusiekgilde Pietersburg se maandelikse mandjiedans het verlede Saterdagaand ‘n variasie op die tema gehad toe gaste hul kreatiwiteit vrye teuels kon gee en met boemelaarsuitrustings opgedaag het. Voorsitter van die gilde, Eugene van Heerden het ook sy verjaardag gevier en is geesdriftig toegesing. “Die gereelde mandjiedanse het nou ‘n instelling geword en bied ‘n …
Die Boeremusiekgilde Pietersburg se maandelikse mandjiedans het verlede Saterdagaand ‘n variasie op die tema gehad toe gaste hul kreatiwiteit vrye teuels kon gee en met boemelaarsuitrustings opgedaag het.
Voorsitter van die gilde, Eugene van Heerden het ook sy verjaardag gevier en is geesdriftig toegesing. “Die gereelde mandjiedanse het nou ‘n instelling geword en bied ‘n ideale geleentheid vir oud en jonk en veral gesinne om gesellig te verkeer. Selfs dié wat nie dans nie, kuier heerlik saam en geniet die musiek en atmosfeer.”
Storie, foto’s en video: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com



