Groot applous vir roerende boek van Louis Scott

Met die publi­kasie van ‘Hel toe en terug’ het ge­skiedenisfoendi, Louis Scott, die Eerste Wêreld­oorlog aan die wesfront op aangrypende wyse ontsluit en vir die gewone leser toeganklik gemaak. Die boek se impak word vergroot deur die feit dat dit ‘n gedenkuitgawe 100 jaar na die oorlog is. Vriende, familie en oudleerders het Donderdagaand se …

Met die publi­kasie van ‘Hel toe en terug’ het ge­skiedenisfoendi, Louis Scott, die Eerste Wêreld­oorlog aan die wesfront op aangrypende wyse ontsluit en vir die gewone leser toeganklik gemaak.
Die boek se impak word vergroot deur die feit dat dit ‘n gedenkuitgawe 100 jaar na die oorlog is.
Vriende, familie en oudleerders het Donderdagaand se boekbe­kendstelling by Hoërskool Pietersburg in groot getalle bygewoon. Boeke wat deur Scott onderteken is, het letterlik gevlieg.
Die verlede is deur dié boekstawing, en ‘n eerste in Afrikaans, in die verbeelding opgeroep en die leser kan stelselmatig die sleutels in die slotte van die verlede draai en gebeure een-een oopswaai.
Persoonlike bele­wenisse van rolspelers is met die historiese verloop van die werklikheid en afgryse van die oorlog, wat met moderne wapens soos, handgranate, mortiere, oorlogskepe, torpedo’s en gifgas geveg was en die grootste in menslike heugenis was, verstrengel.
“Meer as ‘n miljard bomme is gedurende die oorlog deur die artellerie afgevuur. Bomkraters is oopgeruk en lyke is in die lug geslin­ger om met die volgende sarsie weer begrawe te word – dit wat van die lyke oorgebly het,” skryf Scott onder meer.
Die Suid-Afrikaanse deelname word veral helder belig en gedetailleerde maar kort historiese gegewens word in 50 hoofmomente ingedeel.
Die leser kom diep onder die indruk van die onverskrokkenheid en manhaftige optrede van die 265 775 Suid-Afrikaanse soldate waarvan die jongste een, David Ross, slegs 14 jaar oud was toe hy in die oorlog gesterf het.
“Natuurlik sterf daar in enige oorlog mense, maar nog nooit vóór of sedert, op die skaal wat tussen 1914 en 1918 op die wesfront gevind is nie,” het historikus, Peter KA Dighy, gesê.
Louis Changuion, historikus, het in sy repliek gesê Scott het ? behoefte geïdentifiseer en die nuwe titel vervul ? leemte. “Jou boek is nou deel van die wonderlike wêreld van boeke. Die feite is deeglik geverifieer en aangrypend aangebied. Dit is ‘n eerste in Afrikaans en herinner ons aan die wreedheid van oorlo? wat ons nie durf vergeet nie. Baie geluk met jou eersteling. Mag daar nog vele wees.”
Die opening- en afsluitingseremonie, wat op toepaslike wyse met doedelsakbegeleiding gedoen is, is deur lede van die MOTH’s (Agbare Orde van die Staaldakke) behartig.
Die volkleur boek in hardeband is teen R250 beskikbaar by Scott: 082 452 3507. Die sagtebandweergawe (swart-en-wit) is teen R120 te koop.

Storie, foto’s en videos: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Linette en Louis Scott tydens die boekbe­kendstelling.
Louis Scott teken ‘n boek vir Dirk Knoetze terwyl Nic van Reede van Oudshoorn en Louis Changion toekyk.
Thabiso Sethosa speel Scottland the Brave op die doedelsak, wat ‘n prominente musiekinstrument in die oorlog was.
Twee boesemvriende, Wynand en sy broer, Louis Scott.
Back to top button