Juanita du Plessis bekoor gehoor met wye verskeidenheid

Danksy ‘n volgepakte saal met ‘n entoesias­tiese gehoor wat haar staande toegejuig en in die gange gedans het, is gewilde Afrikaanse sangeres, Juanita du Plessis Saterdagaand by Sun Meropa só beïndruk dat sy dié geleentheid as ‘n hoogtepunt van haar optredes vir die jaar sal koester. Haar weergawes van leefstyl, ‘gospel’ en ‘country’-liedjies het die …

Danksy ‘n volgepakte saal met ‘n entoesias­tiese gehoor wat haar staande toegejuig en in die gange gedans het, is gewilde Afrikaanse sangeres, Juanita du Plessis Saterdagaand by Sun Meropa só beïndruk dat sy dié geleentheid as ‘n hoogtepunt van haar optredes vir die jaar sal koester.
Haar weergawes van leefstyl, ‘gospel’ en ‘country’-liedjies het die gehoor teruggevoer na die era van Johhny Cash, Dolly Parton en Willie Nelson, terwyl liedjies soos Kies jou weer, Lief vir jou en Toe staan die wêreld, groot byval gevind het. Die konsert sou ook nie volledig gewees het sonder Hambamba en Gaan groot of gaan huis toe nie.
Du Plessis se liefde vir Suid-Afrika en sy mense was duidelik toe sy vertel het van haar konserttoer in 2013 deur Amerika en hoe sy na vyf weke terugverlang het huis toe. “New York en Nashville is besondere plekke, maar daar is net een Suid-Afrika.”

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Juanita du Plessis, middel, met aanhangers Megan Watridge, Angelique Cloete en Zanica en Pieter Ferns.
Martie en Henco Coetser met Du Plessis.
Juanita du Plessis op die verhoog by Sun Meropa.
Back to top button