Kleuters in aksie tydens graad R pretdag

Opkomende talent in aksie was Vrydag aan die orde van die dag tydens Curro Heuwelkruin se graad R-atletiek pretdag. Kleuters van skole soos Bambini Montesorri, Mitchell House en Erica Pre-primêre Skool het het hul staal in naellope, hoogspring, verspring en hekkies gewys. Kruinies-bemarker, Nelmari Herbst, sê dit was slegs ‘n pretdag vir kleuters om hulself …

Opkomende talent in aksie was Vrydag aan die orde van die dag tydens Curro Heuwelkruin se graad R-atletiek pretdag.
Kleuters van skole soos Bambini Montesorri, Mitchell House en Erica Pre-primêre Skool het het hul staal in naellope, hoogspring, verspring en hekkies gewys.
Kruinies-bemarker, Nelmari Herbst, sê dit was slegs ‘n pretdag vir kleuters om hulself te geniet en vroeg reeds aan atletiek bloot te stel en ‘n liefde daarvoor te
kweek.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Kruinies se rasieleiers open die dag se verrigtinge met flinke danspassies.
Roleen Gerner en Mika Bekker van Bambini Montesorri neem die voortou.
Hanno Basson van Bambini Montesorri draf rustig.
Tsepang Morudi is los voor.
Ntlakuso Chauke van Mitchell House sorg dat sy voor haar spanmaat, Trina Chkonde, bly al moet sy voor haar inhardloop.
Back to top button