Kruinie-leerders toer Amerika en Europa plat, Suid-Afrika bly voorkeurtuiste

Die revue handel oor drie jong entoesiastiese vriende wat ‘n oorsese toer onderneem om ander lande se diverse kultuur- en taalverskeidenheid te beleef. New York is eerste aan die beurt waarna die Wilde Weste en Texas volg. Daarna is Hollywood aan die beurt waarna ‘Incredible India’ en Bollywood volg. Die klimaat in Indië laat hul …

Die revue handel oor drie jong entoesiastiese vriende wat ‘n oorsese toer onderneem om ander lande se diverse kultuur- en taalverskeidenheid te beleef.
New York is eerste aan die beurt waarna die Wilde Weste en Texas volg. Daarna is Hollywood aan die beurt waarna ‘Incredible India’ en Bollywood volg. Die klimaat in Indië laat hul uitwyk na Europa waarna Portugal, Spanje en Griekeland aan die beurt kom. Terug op eie bodem woon hulle ‘ntradisionele Afrika-troue by en kom weer tot die besef dat jou vaderland altyd jou eerste tuiste bly.
Die leerders was self baie betrokke by die choreografie om hul eie kreatiewe vermoëns te ontdek en al die leerders van graad 4 tot -7 het heelhartig deelgeneem.

Storie en foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Charné van der Linde, Nicola Claasen en Isabella Schnell in ‘n toneel uit New York New York.
Cowboys, Barati Motsepe, Rebotile Letshedi en Hlompi Masemola uit die Wilde Weste.
Links is Genevieve Trueman, Tania Rosslee, agter, Bernard Cigana en Linné Nieuwoudt.
Twee van die hoofkarakters, CJ Smith en Zia Moti in gesprek oor hul volgende bestemming.
Malane Mphahlele.
Curtis Cloete ken sy Spaanse treë.
Tania Rosslee op ‘n Griekse strand.
Kayla Muller en Ni-Marié Bierman was twee van talle soliste.
Vrolike leerders in graad 5 sing en dans uitbundig.
Back to top button