Limpopo Eisteddfod ontgin kuns- en kultuurtalent

Begaafde leerders en volwassenes het van Maandag by verskeie lokale in die stad aan die Limpopo Eisteddfod deelgeneem wat tot vandag (Donderdag) plaasvind. Volgens die organiseerder, Ans Becker, is meer as 900 inskrywings ontvang. “Deelnemers neem in instrumentale- en vokale musiek, sowel as verskeie dramadissiplines deel.” Tydens Dinsdagoggend se dramasessies by Laerskool Pietersburg-Oos het beoordelaar, …

Begaafde leerders en volwassenes het van Maandag by verskeie lokale in die stad aan die Limpopo Eisteddfod deelgeneem wat tot vandag (Donderdag) plaasvind.
Volgens die organiseerder, Ans Becker, is meer as 900 inskrywings ontvang. “Deelnemers neem in instrumentale- en vokale musiek, sowel as verskeie dramadissiplines deel.”
Tydens Dinsdagoggend se dramasessies by Laerskool Pietersburg-Oos het beoordelaar, Claudette Theunissen, drama studio-eienaar en afrigter, die deelnemende spreekkore se optrede geprys.
Tydens die hoogtepunt van die Limpopo Eisteddfod, die gala-aand volgende Donderdag, 30 Augustus, sal deelnemers wat uitsonderlik presteer het optree en die kategoriewenners sal spesiale sertifikate ontvang.
Die Eisteddfod Kunsuitstalling se opening is Donderdag, 13 September by Eloff Gallery en kan tot Saterdag, 15 September besigtig word.
Vir enige navrae kan Becker by 082 457 8171 geskakel word.

Storie, foto en videos: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

“I’m Sick” word deur die graad 2 E2 Curro Heuwelkruin-groep voorgedra.
Back to top button