Mnr en Mej Oosskool aangewys tydens spoggeleentheid
Die wenners van die Mnr en Mej Oosskool-kompetisie is onlangs tydens ‘n spoggeleentheid waar die finaliste hulle talente kon voorlê, aangewys. Yohyi Brown en Zoe Galloway is die gelukkige wenners met Joshua Benzien en Danilo van Niekerk aangewys as eerste- en tweede prins onderskeidelik. Die eerste- en tweede prinses is Emma Veldman en Tammylee Ferreira …

Die wenners van die Mnr en Mej Oosskool-kompetisie is onlangs tydens ‘n spoggeleentheid waar die finaliste hulle talente kon voorlê, aangewys.
Yohyi Brown en Zoe Galloway is die gelukkige wenners met Joshua Benzien en Danilo van Niekerk aangewys as eerste- en tweede prins onderskeidelik. Die eerste- en tweede prinses is Emma Veldman en Tammylee Ferreira onderskeidelik.
Die Mnr en Mej Oosskool-kompetisie is nie ‘n skoonheidskompetisie nie. Twee leerders uit elke klas in graad 7 word as finaliste gekies wat met die hulp van ‘n ander graad wat aan hul toegedeel is projekte van ‘n liefdadigheidsorganisasie moet hanteer.
Dié onderskeie finaliste moet dan deurentyd betrokke wees by die inwoners van die instansie en onder meer geldinsamelingsinisiatiewe loods.
Aan die einde van die jaar moet finaliste voor die kroningsgeleentheid ‘n voorlegging inhandig en meer vertel oor hul betrokkenheid by die instansie en wat hulle geleer het.
Op dié manier leer hulle van die gemeenskap waarvan hulle deel is en wat hulle persoonlik kan doen om ‘n verskil in minderbevoorregtes se lewens te maak.
Storie, foto’s en video: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za





