PHS-matrieks vir oulaas gegroet
Die graad 12-leerders van Hoërskool Pietersburg is Vrydag tydens vanjaar se matriekvaarwel deur hoofseun en -meisie van 2003, Martin Riekert en Miranda van Reede van Oudtshoorn verras. Dié twee oud-Pieties was verantwoordelik vir die stigting van die matriekblok sowel as die posbus waarin die hoofleiers se boodskap aan die skool jaarliks geplaas word. Die boodskappe …

Die graad 12-leerders van Hoërskool Pietersburg is Vrydag tydens vanjaar se matriekvaarwel deur hoofseun en -meisie van 2003, Martin Riekert en Miranda van Reede van Oudtshoorn verras. Dié twee oud-Pieties was verantwoordelik vir die stigting van die matriekblok sowel as die posbus waarin die hoofleiers se boodskap aan die skool jaarliks geplaas word. Die boodskappe sal tydens die skool se eeufeesvieringe voorgelees word. Graad 11-leerders het oudergewoonte ‘n erewag vir die matrieks opgestel waarna oudhoofseun, Louis Nel en -hoofmeisie, Mari Geerkens die skool toegespreek en skooltradisies soos vaandel, Scottie en Kardoesie aan die nuwe hoofleiers, Sharn van Rensburg en Marcelle de Jager, oorhandig het. Matrikulante is daarna saam met hul ouers na die saal waar hoof, Willie Schoeman, hulle onder meer sterkte met die eindeksamen toegewens het en Riekert as gasspreker opgetree het.
Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com