Revue 2018 laat Tommies se verhoog kreun

Vanjaar se revue is ‘n bewys daarvan dat Hoër Tegniese Skool Tom Naudé net so lekker kan speel as wat hul kan werk. Goeie beligting en choreografie en ‘n verskeidenheid groepdanse met lewendige musiek van toeka tot nou, ‘n toneelstuk, optrede deur onderwysers en oud-Tommies en ‘n dansitem deur die matriekgroep wat vir oulaas hul …

Vanjaar se revue is ‘n bewys daarvan dat Hoër Tegniese Skool Tom Naudé net so lekker kan speel as wat hul kan werk.
Goeie beligting en choreografie en ‘n verskeidenheid groepdanse met lewendige musiek van toeka tot nou, ‘n toneelstuk, optrede deur onderwysers en oud-Tommies en ‘n dansitem deur die matriekgroep wat vir oulaas hul stempel by die skool wil afdruk, kenmerk Tommies se verskeidenheidskonsert getiteld ‘Droomvangers’ wat vandeesweek by die skool te sien is.
In kort gaan dit oor die vermoë om van ‘n dorre woestyn ‘n kleurvolle tuin te maak en ‘n baken van hoop met drome in ‘n dorre woestyn te wees.
Skoolhoof, Piet Holtzhausen, het sy dank teenoor organiseerders, Carla Booysen en Karin de Jager, vir maande se beplanning en harde werk uitgespreek. “Dankie aan elke seun en meisie vir jul toewyding, deursettingsvermoë en ambassadeurskap en aan elke personeellid wat op die agtergrond gehelp het.”

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Benita Steyn en Zencoe Woller op die voorgrond.
Ryno van der Merwe geniet elke oomblik van die revue saam met sy dansmaat, Sunet Viljoen.
CJ Nel en sy dansmaat, Geraldine Brits.
Back to top button