Talentvolle Osies bekoor met hulle vertolkings

Geen gebrek aan talent en oorspronklikheid nie. Dit was verlede Donderdagaand duidelik by Osies got Talent-konsert waar leerders van Laerskool Pietersburg-Oos hul beste voetjies voorgesit het. Niemand was te jonk of te oud om deel te neem nie en die wye repertorium het ‘n geleentheid vir dansers, sangers, musikante en selfs ‘n paar dramatiese sprekers …

Geen gebrek aan talent en oorspronklikheid nie. Dit was verlede Donderdagaand duidelik by Osies got Talent-konsert waar leerders van Laerskool Pietersburg-Oos hul beste voetjies voorgesit het.
Niemand was te jonk of te oud om deel te neem nie en die wye repertorium het ‘n geleentheid vir dansers, sangers, musikante en selfs ‘n paar dramatiese sprekers gebied om hul gehoor te bekoor.
Die Van Reede van Oudtshoorn broers, NW, Lukas en Ben se komiese dansitem, ‘Oudsie Babies’, het luide toejuiging uitgelok, terwyl Danike Oosthuizen se dansitem, ‘2002’ groot byval gevind het.
Meya Cordewener se talentvolle weergawe van ‘n Russiese dans op die viool was ‘n treffer en Muné Lessing se dansitem, ‘Les Troyennes’, is deur groot behendigheid en beheer gekenmerk.
Beoordelaars, Albert van der Westhuizen, Dia van Staden en Janie Wierenga het ‘n moeilike taak gehad om oor die wenners te besluit, maar die groep bestaande uit Kylie en Jade Campbell en Danica de Lange met hul dansitem ‘Hits of the last 2 decades’ het uiteindelik met die louere weggestap.
Zoë Koster was die wenner in die sang­afdeling met ‘Lost Boy’ en Mia Lewis en Pieter Jordaan in die drama-afdeling met ‘Romeo en Juliet’, terwyl Duan le Roux die instrumentele afdeling met ‘Eye of the tiger combo’ gewen het.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Kota Hattingh, middel, is uitgedos in die kostuum vir haar sangitem, ‘A thousand dreams’. Saam met haar is seremoniemeesters, Reuben Weyer en Izelda Venter.
Die Van Reede van Oudtshoorn broers, NW, Lukas en Ben lewer hul komiese dansitem.
Beoordelaars, Albert van der Westhuizen, Dia van Staden en Janie Wierenga hou die kunstenaars dop.
Danike Oosthuizen se dansitem het groot byval gevind.
Back to top button