Local sportSport

Lekker Sosiale Hengelklub op Secunda beloon beste hengelaars

Fonnie wen trofee vir lid met meeste punte.

Die Lekker Sosiale Hengelklub het op Saterdag, 4 September hul jaarlikse prysuitdeling by Dara Gastehuis gehou en die beste hengelaars vir die seisoen aangewys.

Fonnie Botha is as die lid met die meeste punte vir die jaar aangewys.

Die visse wat hy deur die jaar gevang het, het altesaam 323kg geweeg.

Johan Viljoen het tweede geëindig in dié afdeling met 176kg en Adri Engels derde met 148kg.

Die hengelaars wat wisseltrofees gekry het, is Corne Nel vir die grootste karp wat 9.1kg geweeg het, Jannie van der Schyff vir die grootste baber wat 7.16kg geweeg het, Jaques Lombard met die grootste geelvis wat 1.25kg geweeg het, Frans van der Merwe met die grootste modderbekvis wat 1.54kg geweeg het en Marius Davel met die grootste baars wat 2.4kg geweeg het.

Die hengelaars wat tweede en derde plekke in die grootste vis-afdeling ontvang het, is Fonnie Botha (tweede grootste karp van 3.75kg), Van der Schyff (derde grootste karp van 3.70kg), Riaan Swartz (tweede grootste baber van 5.34kg), Johan Viljoen (derde grootste baber van 3.33kg), Nico van der Westhuizen (tweede grootste geelvis van 1.09kg), Viljoen (derde grootste geelvis van 0.79kg), Blitz Janse van Rensburg (tweed grootste modderbekvis van 0.90kg), Viljoen (derde grootste modderbekvis van 0.73kg) en Christiaan Watermeyer (tweede brootste baars van 0.48kg).

Liam Swartz en Liam Werth het uitgeblink onder die junior hengelaars en trofees vir onderskeidelik die grootste modderbekvis van 0.66kg en die grootste geelvis van 0.86kg gevang.

Swartz het die tweede grootste geelvis van 0.73kg gevang en Werth die tweede grootste modderbekvis van 0.56kg.

JP Gouws het die derde grootste geelvis van 0.29kg gevang en ook die derde grootste modderbekvis van 0.35kg.

Swartz het die wisseltrofee vir die grootste karp onder die junior hengelaars ingepalm met ’n karp wat 3.12kg geweeg het terwyl Gouws tweede geëindig het in dié afdeling met ’n karp wat 0.99kg geweeg het en Ryan Jacobs derde met ’n karp wat 0.81kg geweeg het.

In die meestersafdeling vir die swaarste sak per kompetisie het Viljoen die wisselterofee ingepalm met sy sak wat 24.24kg geweeg het, terwyl Neels Nel tweede geëindig het met sy sak wat 19.32kg geweeg het en Ralf Hullermeier derde met sy sak wat 10.90kg geweeg het.

Viljoen het in die meestersafdeling vir meeste vis per kompetisie ook met die wisseltrofee weggestap met sy sak wat 42 visse gehad het, terwyl Nel tweede geëindig het in dié afdeling met sy sak wat 30 visse gehad het en Hullermeier derde met sy sak wat 17 visse gehad het.

In die seniorafdeling het Botha weggestap met die wisseltrofee vir die swaarste sak per kompetisie met ’n sak visse wat 61.85kg geweeg het, terwyl Jan Smit tweede geëindig het in dié afdeling met ’n sak visse wat 39.85 geweeg het en Dennis Sargeant derde met ’n sak visse wat 39.32 geweeg het.

Botha het ook weggestap met die wisseltrofee in die afdeling vir seniors met die meeste vis per kompetisie met 178 visse in ’n sak, terwyl Engels tweede geëindig het in dié afdeling met 45 visse in ’n sak en Sargeant derde met 42 visse in ’n sak.

Lede van dié hengelklub het in totaal 1 473 visse gevang wat 883.50kg geweeg het.

Die bestuur van die Lekker Sosile Hengelklub het Dara Gastehuis op Trichardt bedank wat hul perseel beskikbaar gestel het vir die prysuitdeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button