VLU Secunda-tak kombineer kreatiwiteit en samesyn
Die werkklas van die dag het gefokus op 'n vatlappies-projek
Die lede van Secunda VLU het op 2 September weer bymekaargekom vir ‘n oggend van samesyn, kreatiwiteit en ‘n gesellige kuier.
Die oggend het afgeskop met waardevolle terugvoer oor die kongres, waartydens die lede die hoogtepunte en belangrike sake wat bespreek is, met mekaar gedeel het.
Met kleurvolle materiaal, kreatiwiteit en ‘n hele paar lekker geselsies het die dames elkeen aan hul eie vatlappies gewerk.
Hoewel handwerk ‘n belangrike deel van die VLU-byeenkomste is, is dit die vriendskap, lag en geleentheid om saam te kuier wat die oggende besonder spesiaal maak.
Die volgende samekoms vind op 7 Oktober plaas, waartydens die dames die struktuur en grondwet sal bespreek.



