Bethal Gholfklub bied klubkampioenskappe aan
BETHAL – Gholfspelers kan op Saterdag, 14 Maart aan die klubkampioenskappe deelneem.
Die koste beloop R160 per speler en dit sluit verversings en middagete in.
Die formaat is A- en B Divisie-medal en C Divisie IPS .
Spelers gaan oor 36 puntjies speel.
Vir meer inligting, skakel mnr. Gerrie Jordaan by 072 183 2410.